Wyn en Kosmaats

Kosfotos: Fritz BrandInkvis
Warm brosgebraaide inkvis, chorizo, avokado, aioli en kersietamatie word geniet saam met Sauvignon Blanc

Watter wyn pas by watter kos?
Kossoorte wat na dekades se proe in die meeste gevalle sommer heerlik pas by die wynsoorte. Onthou, dieselfde wynsoorte kom nie altyd in dieselfde gehalte en style nie. ‘n Volswaar wyn of ligte wyn van dieselfde kultivar kan verskillend proe by dieselfde gereg. Hierdie is oor die algemeen die beste pasmaats.

Bukettraube (wit wyn)
Droë wyn saam met gerookte koue vleis en slaai vol speserye. Soetwyn saam met nagereg en roomys. In die edel laatoes styl saam met matige bloukaas, patee, aarbeie met room. Bedien koud.

Cabernet franc (rooi wyn)
Beesvleis en enige ligte rooivleis en wildsvleis, asook voller visgeregte. Ander wat soms ook goed pas, is kwartel, hoender, ham en varkvleis. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)
 
Cabernet Sauvignon (rooi wyn)
Gebraaide beesvleis en veral biefstuk saam met goed verouderde vollyf wyn. Oondgeregte, roosterskyf, bredie, wildsvleis, asook skaapvleis indien ligte en jong wyn. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)Sauvignon blanc is pasmaats met  vis of Chinese- en Thai-geregte
 
Chardonnay (wit wyn)
Ryk visgeregte oorheers, veral skulpvis en salm (geelbek, kabeljou), asook sushi, galjoen, mossels, oesters en perlemoen. Ander goeie smaakmaats is kaas, kerrie en roomsous, terwyl pasta, hoender, bredie en knoffelsous oo sommige style aanvul. Bedien koel, nie koud nie.

Chenin Blanc (wit wyn)
Seekos soos skulpvis, elf, kreef, oesters en mossels, en Thai geregte, asook ligte hoendergeregte en bobotie, afhangende van die styl, daar is verskeie. Bedien effens koud, nie yskoud Chardonnay is heerlik saam met asook sushi, galjoen, mossels, oesters en perlemoennie.

Colombar(d) (wit wyn)
Hoofsaaklik in effe-droë styl, word mooi aangevul deur bros slaaie, ligte vis en geroosterde vis. Bedien koud of effens koud.

Crouchen Blanc (skaars wit wyn)
Ligte groen slaaie en ligte seekosgeregte. Bedien koud of effens koud.

Gewürztraminer (wit wyn)
Soeterige, ligte kerrie en patee is die beste kosmaats, terwyl gerookte koue vleis, Thai geregte, kaas, gerookte vis, botter- en knoffelsous dit ook goed aanvul. Bedien koud of effens koud.

Malbec (skaars rooi wyn)
Ligte bredies en bobotie, asook braaivleis en sommige Italiaanse geregte. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)

Merlot (rooi wyn)
Skaapvleis is die beste kosmaat, veral potjiekos of gebraai, asook kwartel, eend, volstruis, koue vleis, bredies en gebraaide beesvleis. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)
Shiraz is ideale pasmaats met osstert en ander vleis- geregte
Mourvédre (skaars rooi wyn)
Eend en skaapvleis komplementeer dit, asook braaivleis, en ligter versnitte wildsvleis en osstert, ook osstertsop. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)

Muscat de Frontignan (wit wyn)
Hoofsaaklik ‘n gefortifiseerde dessertwyn, dus veral vrugte, neute en ligte sjokolade. Bedien koud.

Pinot Gris (skaars wit wyn)
Afhangende van styl, hoofsaaklik kreef en ligte visgeregte, asook kaas. Bedien koud of effens koud.

Pinot Noir (effens skaars rooi wyn)
Eend is waarskynlik die heel beste kosmaat, asook ham, hoender, wildsvleis en visgeregte soos salm. Filet word ook aanbeveel met die voller wyne. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)

Pinotage (rooi wyn)
Puik kosmaats is wildsvleis, bobotie, bredies en snoek. Skaap, boerewors, ander visgeregte, varkrib, kerrie, kaas, ertjiesop en biefstuk vul dit ook goed aan. Bedien effens koel of koel.

Riesling, Weisser Riesling, Rhine Riesling (wit wyn)
Skulpvis en kreef is altyd goeie maats, asook ligte kerrie, speserygeregte, dik sop, bobotie, avokado, eend en gerookte vis. Bedien koud of effens koud.

Ruby Cabernet (rooi wyn)
Eenvoudige geregte soos pasta, braaivleis en kouevleis. Bedien effens koel of koel.

Sauvignon Blanc (wit wyn)
Aspersies en die meeste visgeregte is uitstaande kosmaats, veral skulpvis. Pasta, groentebredie, slaaie, kerriekos en Chinese en Thai kos vul dit ook baie goed aan. Bedien koud of effens koud.

Semillon (wit wyn)
Seekos, veral gemengde seekos, garnale en pasta is die beste kosmaats, asook sekere kaassoorte. Bedien koud of effens koud.

Shiraz (rooi wyn)
Osstert is ‘n uitstaande kosmaat, asook skaapvleis, wildsvleis en biefstuk, veral met speserye. Volstruis, eend, hoender en bredies vul ook die meeste wyne goed aan. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)

Tinta Barocca (skaars rooi wyn)
Gebraaide skaapvleis en vleisgeregte oor die algemeen, veral met speserye, asook kaas. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur)

Viognier (skaars wit wyn)
Hoender en vis is die beste pasmaats, asook ligte geregte met ‘n romerige sous. Bedien koud of effens koud.

Zinfandel (baie skaars rooi wyn)
Kalkoen, vark en osstert is die beste kosmaats. Bedien effens koel (winter kamertemperatuur).

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');