Brandewyn

SA brandewyne steeds aan voorpunt by internasionale brandewynskou
Internasionale brandewynfynproewers is steeds in vervoering oor Suid-Afrika se voortreflike “vloeibare goud”: agt van die land se voorste brandewynhandelsmerke is met goue uitmuntende toekennings bekroon by die 2013 International Wine and Spirit Competition (IWSC) wat verlede maand in Londen gehou is. Lees Meer

Fine Brandy Fusion vier vloeibare goud in Johannesburg
Fine Brandy Fusion is ’n luukse toonvenster van die land se beste brandewyne en die glansryke leefstyl wat daarmee saamkom. Fine Brandy Fusion Sandton, wat vanjaar die 6de keer gehou word, word van 26-28 Junie 2013 weer in die Sandton-konferensiesentrum aangebied. As hoofborg toon Standard Bank sy verbintenis tot plaaslike produsente. Lees Meer

Brandewynfees vanjaar vir eerste keer in Kaaapstad!
Op 9 en 10 Mei gaan die Kaap sy ware kleure wys wanneer die uiters suksesvolle brandewynfees, wat tot dusver nog net in Johannebsurg aangebied is, ook sy verskyning in die Moederstad maak. Die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum is die plek waar brandewynliefhebbers suid van die Gariep bymekaar gaan kom vir ‘n luukse toonvenster van die land se beste brandewyne en die glansryke leefstyl wat daarmee saamkom. Vir sy Kaapse debuut spog die fees met die tema “Celebrate Liquid Gold”. Lees Meer

Van Ryn’s weer bo-aan lys van beste brandewyne
Van Ryn’s brandewyn het weer op sy reeds indrukwekkende bekroningsrekord verbeter toe hy in een jaar twee van die wêreld se belangrikste internasionale trofeë vir dieselfde brandewyn verower het. Die Van Ryn’s 12 Year Old-potketelbrandewyn, wat deel is van die  die toonaangewende Van Ryn’s Collection Reserve-reeks,  is pas tydens ’n glansdinee in Grosvenor Square in Londen as wenner van die International Spirits Challenge (ISC) se beste brandewyn-trofee aangewys. Lees Meer

SA brandewyne behaal driekuns by voorste wêreldwye kompetisie
Suid-Afrika se brandewynprodusente het die byna ongekende prestasie behaal deur ‘n driekuns aan medaljes by die hoogaangeskrewe Concours Mondial de Bruxelles wyn- en spiritualieë-kompetisie te verower. Vir die derde jaar agtereenvolgens het plaaslike branbdewyne agt medaljes verower, insluitend een Grand Médaille d’Or. Hierdie vertoning beklemtoon weer eens die konsekwente gehalte van Suid-Afrikaans vervaardigde brandewyne wat die bedryf tot trots kan stem. Vanjaar se opmars nadie wennerspodium is deur Klipdrift Gold gelei wat die Grand Médaille d’Or– die hoogste toekenning in die kompetisie, verower het. Wat die handelsmerk se prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat dit een van slegs vyf van die 129 inskrywings was wat ‘n Grand Medaille d’Or kon wen. Lees Meer

Oude Meester skitter by 2012 Michelangelo
Die Oude Meester Reserve 12 Year Old was die ontvanger van die
Brandewyntrofee vir 2012 by vanjaar se Michelangelo International Wine Awards nadat ’n paneel beoordelaars van Suid-Afrika, Europa en die VSA dit as die beste brandewyn in die kompetisie aangewys het. Dié fynproewer-potketelbrandewyn is een van Suid-Afrika se spesialisbrandewyne wat die vinnigste groei. Die handelsmerk geniet tans groot aanhang in Suid-Afrikaenelders in Afrika soos in Kenia en Nigerië. Al drie potketelbrandewyne met die Oude Meester-etiket het medaljes by Michelangelo verower en die handelsmerk is die mees bekroonde mededinger in die brandewyn-afdeling van die kompetisie. Sowel die 12 Year Old Reserve as die 18 Year Old Souverein bring Grand d’Or-medaljes – die heel grootste eerbewys – huis toe. Die Demant het ’n silwermedalje verdien. Lees Meer

Van wingerd na barndewynvaatjie
Brink Liebenberg, Distell se meesterdistilleerder, en sy span het onlangs ’n groep mediaverteenwoordigers en bloggers by die spoggerige Van Ryn’s-distilleerdery onthaal. Hier het die besoekers self ervaar hoe wyn in puik dubbel-gedistilleerde brandewyn verander Brink Liebenberg lei die brandewynproeword. Hulle het met ’n basiswyn begin, en is toe aan die eerste en tweede distillate blootgestel. Daarna het hulle verskeie verouderde brandewyne – van 3 tot 30 jaar oud – geproe. Brink het die groep ook op ’n toer van die distilleerdery vergesel en die fyner besonderhede van die skepping van bekroonde fynproewersbrandewyn verduidelik. Die ongetwyfelde hoogtepunt was om te kyk hoe oom Abie, die distilleerdery se permanente kuiper, aan almal wys hoe dié kwynende kuns nou eintlik gedoen moet word. Van Ryn’s is die enigste brandewyndistilleerdery in Suid-Afrika met sy eie kuipery op die perseel. Die geleentheid is met ’n heerlike kanapee-middagete vir lekkerbekke afgesluit.

Kom deel in die gees van die jaarlikse brandewynfeesEen van diw talle mengeldrankies wat by diw jaarliske brandewynfees geproe sal kan word
Koel en nuwerwets, woelig en weelderig… die Fine Brandy Festival wat van 25 tot 27 Mei 2011 by die Sandton-konferensiesentrum gehou word, is dié uithangplek om Suid-Afrika se voortreflikste brandewyne te proe.
 Boonop spog dié brandewynfees op die plaaslike drankie-kalender, wat vanjaar die vierde keer aangebied word, met heelwat nuwighede wat ’n mens nie durf misloop nie. Dié vlagskip-geleentheid van die Suid-Afrikaanse brandewynbedryf gaan met brandewyn spog soos nog nooit tevore nie – daar’s koel nuwe gebruike, innoverende leefstylaspekte en ’n heerlike sosiale atmosfeer. Brandewyn is een van die verleidelikste drankies van ons tyd, en Suid-Afrikaanse brandwyn word as die beste ter wêreld beskou – des te meer rede om dié dubbelgedistilleerde goue voggies te kom waardeer by ’n spesiale fees.

 “Ons gaan vanjaar voorwaar die grense versit,” sê Christelle Reade-Jahn, direkteur van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting. “Die fees is veel groter en luukser as vantevore – mense het immers die behoefte om hulself met die spesiale dinge in die lewe te bederf.”“Danksy die ongelooflike groei in besoekersgetalle het ons die fees na ’n groter plek verskuif wat meer besoekers, uitstallers en feesgeleenthede kan akkommodeer.  Lees meer.

Brandewyn-, koffie- en sjokoladedrankie dié ding vir soettandDie verfrissende brandewyn-,koffie-sjokoladedrankie wat uitsluitlik by die Van Ryn’s-distilleerdery buite Stellenbosch beskikbaar is
Brandewyn en ys is heerlik, maar vir die avontuurlustiges en diegene met ’n soeter tand is daar nou ’n aanloklike alternatief, ’n verfrissende brandewyn-koffie-sjokoladedrankie wat uitsluitlik by die Van Ryn’s-distilleerdery buite Stellenbosch beskikbaar is. Die Van Ryn’s-span, wat reeds ’n reeks heerlike brandewynkombinasies met soetgoed, spesialisvleis en kaas aanbied, het vorendag gekom met ’n fabelagtig dekadente drankie op gebreekte ys gemaak van bekroonde brandewyn, koffie en Nomu se watertand-drinksjokolade. Hierdie nuwe skemerdrankie, bedien in ‘n slanke, stylvolle glas van 20 cm, bied ’n opwindende
ryk sjokoladesmaak. Besoekers kan vra vir ’n enkel brandewyn-koffie-sjokoladedrankie vir R20 of ’n dubbel brandewyn teen R25. Albei opsies word bedien met ’n wafel in sjokolade gedoop as versiering.

Nuwe baas vir SA Brandewynstigting
Die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting het onlangs die vroulike aanslag van  aan  Christelle Reade-Jahn as direkteur bekom om aan die stuur van sake te staan.
 Reade-Jahn is ’n professionele bemarkingstrateeg wat in haar nuwe posisie die bedrywighede van die stigting tot groot hoogtes sal voer. Met haar uitgebreide ervaring in die kommunikasieveld sal sy spesifiek die klem plaas op nuwe media en sosiale netwerke. Sy het haar die afgelope 20 jaar as bemarkingskenner gevestig, en plaaslik én in die buiteland in verskillende sektore gewerk, van snelbewegende verbruikersgoedere (FMCG), handel en vervaardiging tot ingenieurswese en inligtingstegnologie – by maatskappye soos Unifruco (nou Capespan), CPC Tongaat, en Kimberly Clark – en het ook navorsing in bemarking gedoen vir Kraft en Cadbury Schweppes. Voor haar aanstelling was sy die groepsbemarkings-bestuurder van ’n Suid-Afrikaanse onderneming wat in drie lande sake doen. Sy is ’n graduant van die Universiteit van Stellenbosch en het ’n diploma in bemarkingsbestuur van die Wits-sakeskool.  Lees verder.

Laborie se Alambic brandewyn beste in wêreld
Laborie se Alambic brandewyn is vanjaar aangewys as die beste brandewyn ter wêrld by die 2010 Internasionale Wyn & Spiritus Kompetisie (IWSC) onlangs in Londen. Dié toekenning bring die aantal jare dat ‘n plaaslike brandewyn uitgeblink het by hierdie hoogs aangeskrewe beoordeling die afgelope 12 jaar op ‘n ongekende nege te staan. Dit is ook die vierde agtereenvolgende jaar dat ‘n plaaslike brandewyn hier koning kraai. “Geskok, maar absoluut verheug,” was die KWV se hoof brandewynmeester,
Kobus Gelderblom, se reaksie op die verblydende nuus.“Geskok, want ons het verwag dat van ons ander tradisioneel top-presteerders miskien sou wen. Lees verder.

SA brandewyne nou ook deur Veritas beoordeelBrandewyn word vanjaar ook by Veritas beoordeel
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse brandewynbedryf en dié van die jaarlikse Veritas-toekenings, gaan brandewyne vanjaar ook as deel van hierdie kompetisie beoordeel word. Dié splinternuwe Veritas-kategorie bied die Suid-Afrikaanse brandewynbedryf, wat tot op hede meestal tot internasionale kompetisies beperk is,  die geleentheid om op plaaslike vlak mee te ding en sy  gehalte ten toon te stel. Die verskillende kategorieë van brandwyn (potketel-, oesjaar- en standaard) sal in hul onderskeie klasse deelneem. Brandewynprodusente wat graag die gesogte dubbelgoud, goud, silwer of brons toekennings wil verower het tot 17 Augustus 2010 om in te skryf vir Veritas. Volgens Riaan Marais, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Brandwynstigting is dit ‘n groot erkenning vir die plaaslike brandewynbedryf. “Deelname aan Veritas verskaf ‘n belangrike nuwe platform om die volgehoue uitstaande gehalte van Suid-Afrika se brandewyn te verkondig, wat volgens van die strengste regulasies in die wêreld gedistilleer word. Lees verder.

Derde brandewynfees ode aan SA se bestes
Die derde jaarlikse brandewynfees word vanjaar van 5 tot 7 Mei in die Sandton Die derde jaarlikse brandewynfees is net om die draai -besoek dit gerus vir die beste van SA brandewyne - 3 tot 7 Mei in die Sandton SunSun aangebied. Dit word deur Standard Bank geborg en word gewy aan Suid-Afrika se ikoniese elikser. Dit is 'n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting en dien as gesofistikeerde toonvenster waar besoekers die triomf en suksesse van die land se distilleerders self eerstehands kan ervaar.  Vanjaar se tema is 'Suid-Afrikaanse Brandewyn: die wêreld se beste' en dit bied 'n blik op die plaaslike brandewynindustrie se volgehoue uitstekende internasionale prestasies. Dit is 'n samekoms van almal met 'n passie vir hierdie kosbare drankie. Connoisseurs en ontluikende brandewyn-entoesiaste sal skouers skuur met vername distilleerders, brandewynmeesters wat spog met talle toekennings en pryse en kleiner, enkellandgoed brandewynmakers. Die feesprogram sluit onder meer die grootste versameling Suid-Afrikaanse brandewyne nog onder een dak in, 'n unieke keur van brandewyne in alle style wat die volle spektrum van die bedryf se prestasies weerspieël. Feesgaste sal ‘n wye reeks verouderde Kaapse potketel-skatte kan proe, ruik en ontdek, asook oesjaar-brandewyne. Lees verder

Bekende Franse konjak nou ook plaaslik beskikbaar
Die beroemde Bisquit-konjak, waarvan die oorsprong terugdateerJohanna La Richarderie van Bisquit neus cognac tot 1819, is nou in Suid-Afrika te kry nadat Distell die handelsmerk gekoop het. Die bekende erfenis-handelsmerk is in 1819 deur die 20-jarige Fransman Alexandre Bisquit  in Jarnac op die oewer van die Charente-rivier gevestig. Hy kom uit ’n familie van distilleerders wat reeds sedert 1750 konjak gemaak en verkoop het, maar is na oorlewering die eerste wat dit met sy eie handelsmerk gebotteleer het. Bisquit is reeds sowat 150 jaar gelede in Suid-Afrika verkoop. Argiefrekords toon dat dit in 1865 by Port Elizabeth ingevoer is. Lees verder.

Toonvenster van SA Brandewyne
Die derde jaarlikse brandewynfees van die SA Brandewynstigting Die eeu-oue kuns van kuipery sal ook by die SA Brandewynfees gesien kan word.word vanjaar van 5 tot 7 Mei in die Sandton Sun in Johannesburg gehou. Die fees is 'n gesofistikeerde toonvenster waar besoekers die triomf en suksesse van die land se distilleerders self eerstehands kan ervaar. Vanjaar se tema is 'Suid-Afrikaanse Brandewyn: die wêreld se beste' en dit bied 'n blik op die plaaslike brandewynbedryf se volgehoue uitstekende internasionale prestasies. Dit is 'n samekoms van almal met 'n passie vir hierdie kosbare drankie. Lees verder.

Wes-Kaap Brandewynroete ontsluit die misterie van die goue vogDie proelokaal op Tokara
Daar is 'n anderse manier om ons wynlande te ontdek, veral nou dat die groen botsels aandui dat die somer oppad is: Die Wes-Kaap Brandewynroete én die R62 Brandewynroete. elk met sy eiesoortige karakter. Brandewyn word van wyn gemaak. Vir wyngeesdriftiges is dit dus nie 'n groot sprong na die volgende vlak nie. Lees verder.

Blond, bruin of sjokolade - dit pas by brandewyn!
Hoe meer ’n mens brandewyn proe, natuurlik onder die wakend oog van kenners, hoe meer besef ’n mens dat Suid-Afrikaanse brandewyne nie alleen van die hoogste gehalte is nie,
maar ook ongelooflik veelsydig is.  “En die cliche:  ’n Sjokolade en brandwyn is pasmaatsware smaaksensasie” is hier beslis van toepassing! Soveel geregte pas by ons barndewyne, wat weer eens ‘n bevestiging is van die veelsydigheid van hierdie Bacchus-produk. Lees verder.

Brandewynboek kry ‘Beste in die Wêreld” Gourmand-boektoekenning
Suid-Afrika maak reeds die beste brandewyn in die wêreld  - ‘n sege wat gestaaf word deur die feit dat dit gereeld ‘Beste Brandewyn in die Wêreld’-toekennings by internasionale wyn- en spirituskompetisies verower. Nou het ‘n Suid-Afrikaanse boek oor
brandewyn hierdie segetog voortgesit deur die ‘Beste in die Die voorblad van die bekroonde boek oor die Suid-Afrikaanse brandewynbedryfWêreld’ Gourmand- boektoekenning  te ontvang. Fire Water: South African Brandy wat deur Quivertree en die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting uitgegee word, is pas aangewys as die ‘Beste boek in die wêreld’ in die wyn- en spiritus-kategorie by die jaarlikse  toonaangewende Gourmand Wêreld Kookboek-toekenningsgeleentheid wat op 1 Julie 2009 in Parys gehou is. Lees verder.

SA brandewyn staan man teen konjaks
Suid-Afrikaanse brandewyne is enige dag net so goed, indien nie beter nie, as oorsese konjaks en hoef prysgewys ook nie vir hierdie sogenaamde elite-produkte terug te staan nie.
Dit is die mening van mnr Brink Liebenberg, brandewyndeskundige en deel van ‘n span kundiges wat help dat ons land se brandewyne konstant van die hoogste gehalte is.
Tydens ‘n onlangse proe-geleentheid, waar 26 brandewyne uit 13 lande van dwarsoor die wêreld geproe en eienskappe met mekaar vergelyk is, was dit duidelik dat Suid-Afrikaanse brandewyne se gebalanseerde kompleksiteit en deurgaanse ewewigtige karaktereienskappe, die sleutel is tot die sukses van hierdie drankie. Suid-Afrikaanse brandewyne kompeteer uitstekend met die beste konjaks in die wêreld en het die afgelope aantal jare gereeld die botoon Brink Liebenberg, brandewyndeskundige van Distellby internasionale spirituskompetisies, in die kategorieë vir brandewyn, gevoer. Lees verder.

Brandewynvlam brand hoog by tweede fees
’n Dekonstrueerde Brandewyn Alexander; ’n hoekie vir connoisseurs om dieper te delf in brandewyn; ’n aromaryke reis van wynstok tot kuip; unieke smake en style brandewyn van 35 voorste distilleerders en klein enkellandgoed-brandewynmakers: die grootste versameling brandewyne ooit was onlangs onder een dak te sien by Suid-Afrika se mees gesaghebbende spiritualieë geleentheid – die GoodLife Fine Brandy Festival. Vanjaar se viering van als wat met brandewyn, insluitend konjak, is deur ’n menigte mense bygewoon. Dit is vir die tweede agtereenvolgende jaar by die Sandton Sun-hotel gehou. Lees verder

Nuwe vorstelike Souverein van Oude Meester
Die nuwe versamelaarsbrandewyn uit die Oude Meester-stal, die 18 jaar-oue Souverein, is ‘n vorstelike potketelbrandewyn versny uit brandewyne wat almal 18 jaar en ouer is. Net 1 000 liter is gemaak. Die nuwe brandewyn vertoon volgens die handelsmerkbestuurder, Khosi Ngema, die kenmerkende smaaksuiwerheid van Oude Meester, maar is meer indrukwekkend Carmen Fourie en Graeme Bezuidenhout by die Brandewynfeesas die dikwels bekroonde 12 Year Old Reserve of die gewilde en baie toeganklike Demant. Lees verder.

Egte Suid-Afrikaanse goud uit verskillende oorde
Goud ontmoet goud – dit is hoe Klipdrift Gold onlangs ‘n bekendstelling plaaslik in die Goudmuseum in Kaapstad sy stem by hierdie edelmetaal gevoeg het as een van Suid-Afrika se mees gesogte produkte. Klipdrift Gold, uniek Suid-Afrikaans in sy elegante en vrugtige profiel, kombineer skaars, lang verouderde brandewyne met jonger komponente om ’n gebalanseerde geheel te skep waar die aansien van volwassenheid perfek gebalanseer word met die dinamiek van jeug. Lees verder.

Brandewyn oor 350 jaar in Suid-AfrikaKhosi Ngema, handelsmerkbestuurder van Oude Meester Souverein en Brink Liebenberg, Distell se brandewynmeester, geniet die nuwe Oude Meester Souverein
deur Caroline Snyman, voorsitter van die SA Brandewynstigting
“Ek verstout my en sê dat ons beste wyn-brandewyn met die allerbeste buitelandse tipes kan meeding ... en hoegenaamd geen tree vir hulle hoef terug te staan nie.” Dit is gesê deur die beroemde fynproewer, verteller en skrywer C. Louis Leipoldt, wat meer as 60 jaar gelede oorlede is. Ander het egter maar onlangs dié waarheid weer begin ontdek namate berigte oor internasionale bekronings vir ons plaaslike produsente se brandewyn koerantopskrifte begin haal het. Brandewyn word al sedert Jan van Riebeeck se aankoms in 1652 aan die Kaap geniet. Lees verder.
Klipdrift Gold - eg Suid-Afrikaanse goud
Brandewyn-legendes vereer
Wat het Kgalema Motlanthe, Trevor Manuel en die Soweto-entrepreneur Fanny Mokoena in gemeen met die wynbeoordelaar en -skrywer Dave Hughes, die stooklegende Danie Grundling en die brandewyn- en toerismepersoonlikheid Pietman Retief? Hulle is almal lede van die Suid-Afrikaanse Brandewyngilde.
Tydens die jaarlikse Suid-Afrikaanse Brandewynstigting se gala-dinee wat onlangs in Stellenbosch gehou is, is Pietman Retief saam met Dave Hughes en Danie Grundling as nuwe lede van die SA Brandewyngilde ingelyf. Lees verder.Caroline Snyman

Bedrywige jaar vir Brandewynstigting
“Dis nie slegs die plaaslike brandewynverbruiker wat opgewonde is oor die produk nie; buitelandse markte is ook besig om meer te wete te kom oor ons  brandewyn soos internasionale toekennings voortdurend bevestig dat Suid-Afrikaanse brandewyn as van die bestes ter wêreld gereken word,” het Caroline Snyman, voorsitter van die SA Brandewynstigting in haar onlangse voorsittersrede gesê. Lees verder.

Alchemie van Goud betower internasionale paneel
Die Alchemie van Goud het nog ’n paneel internasionale beoordelaars wat Suid-Afrikaanse brandewyne naas die beste spesialisbrandewyne uit Frankryk, Spanje, Italië, Kalifornië en elders geproe het, betower. Talle medaljes in internasionale geselskap was die gevolg. Lees verder

Fees wys brandewyn is nasionale skat
Die eerste brandewynfees wat onlangs by die Sandton Sun Hotel inMichael Fridjohn, organiseerder van die brandewynfees Johannesburg gehou is, het ‘n splinternuwe tydvak vir Suid-Afrikaanse brandewyn ingelei. Die Good Life Brandewynfees, wat hom op brandewyn alleenlik toegespits het, is aan die kuns van die alchemis en die genot wat ons land se top-brandewyne bied, opgedra. Dit het deel gevorm van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting se veldtog om die publiek aan brandewyn bloot te stel en oor die fyn kuns agter die vervaardiging van dié produk in te lig.

Wit goud – ‘n nuwe era vir brandewyn
'n Nuwe soort brandwyn wat uniek in Suid-Afrika is, gaan nuwe reëls vir spiritualieë daarstel. Collison's White Gold, wat oor ’n tydperk van bykans tien jaar ontwikkel is, is luuks verby – 'n potketelproduk wat op 'n loslitmanier halfpad tussen bruin en wit spiritualieë staan. Lees verder

De Compagnie potketelbrandewyn
De Compagnie maak ‘n beperkte oplaag van dubbel gedistilleerde potketelbrandewyn. Hierdie sorgvuldig verfynde cognac-styl brandewyn word gedistilleer in ‘n antieke alembiese koperketel wat vir die eerste keer in 1849 op die historiese plaas, De Compagnie, Wellington, Suid-Afrika, deur Ben Lategan gebruik is. De Compagnie Potstill Brandy was in 2005 die enigste brandewyn wat ‘n Michelangelo Internasionale Medalje verwerf het. Dit is ‘n enkel-kultivar brandewyn wat gemaak is van eksklusief uitgesoekte druiwe, geoes van deurwinterde 1976 chenin blanc-stokke en gemaak op die plaas in die Wellington-wynstreek van Suid-Afrika (In Franse terme, gemaak van ‘n appellation d’origine aangewese wyn). Die De Compagnie Premium Potstill Brandy is ‘n versnit van sewe jaar Franse eikverouderde natuurlike 100% potketelbrandewyn sonder enige byvoegings. Die Vintage Tien Jaar is van ‘n enkel-oesjaar wyn waarvan die oesjaar op die etiket aangebring is. Die huidige 10-jaar is ‘n 1996 oesjaar. Die alkoholinhoud is 38% per volume.
Die eindproduk is ‘n diep, ougoud brandewyn met aromas van vars vye, speserye waarvan kaneel die prominenste is en ‘n onmiskenbare sitrusgeur - volrond, romerig, sag en baie verleidelik. Die landgoed maak twee brandewyne, ‘n premium produk wat vir ‘n minimum van sewe jaar in Franse eikehoutvate verouder word en ‘n tien jaar oesjaarbrandewyn wat vir ‘n minimum van tien jaar ook in Franse eikehoutvate verouder word. Besoek gerus www.decompagnie.co.za vir meer inligting.

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');