Ons voorste brandewyne

Spesialis-brandewyne saamgevat in Alchemy van Goud-versameling
'n Keur uit die beste Suid-Afrikaanse potketelbrandewyne vir fynproewers wat almal reeds verskeie internasionale toekennings verower het, is in die Alchemy van Goud-versameling saamgevoeg. Hier kry 'n mens die Van Ryn's Collection Reserve-reeks, die Nederburg Solera Potstilled, Klipdrift Gold, Oude Meester Reserve 12 Year Old en Flight of the Fish Eagle. Die keur word by vooraanstaande restaurante, stylkroeë en spesialiswinkels aangebied om die kollig op die gesofistikeerde aard van plaaslike boetiekbrandewyne te laat val. Lees meer.

Kry hier vir jou lekker brandewyn

Sidney Back Landgoedbrandewyne
Aan die voet van die suidelike hange van die Paarlberg is die Backsberg-landgoed waar die Back-familie versnitbrandewyn van uitstaande gehalte produseer. Backsberg brandewyn word gemaak van chenin blanc-druiwe in ‘n potketel afkomstig van die Cognac-streek van Frankryk. Brandewyne wat hier geproduseer word, is ‘n vyf tot ses jaar oue versnitbrandewyn, sowel as een wat  ongeveer tien jaar lank verouder is.
Besoek gerus www.backsberg.co.za vir meer inligting.

Avontuur Wynlandgoed
Die Avontuur-landgoed is tussen Stellenbosch en Somerset-Wes op die R44 geleë en produseer twee brandewyne, ‘n vyf jaar oue potketelgedistilleerde brandewyn en een van tien jaar, wat slegs in beperkte hoeveelhede beskikbaar is. Chenin blanc-druiwe word hiervoor gebruik en dit word in Franse eikehoutvate verouder.
Besoek www.avontuurestate.co.za vir meer inligting.

De Compagnie
Ben Lategan het reeds in 1849 vir die eerste keer die koperpotketel op hierdie bekende plaas in die Wellington-omgewing ingespan om brandewyn te maak. Vandag word brandewyn steeds daarin gestook. De Compagnie se brandewyn word hoofsaaklik van chenin blanc-druiwe gemaak en dubbel gedistilleer waarna dit ten minste vyf jaar lank in Franse eikehoutvate verouder word. Kontak hulle gerus by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

KWV Huis van Brandewyn, Worcester
Hier kan ‘n mens die ware omvang van ons brandewynbedryf ervaar as jy na die 120 potketels kyk waar brandewyn gestook word. Dit is die grootste stokery onder een dak in die wêreld. Kyk gerus by www.kwvhouseofbrandy.com

Laborie-kelder
Alhoewel dié bekende landgoed in die Paarl uit 1691 dateer, het hy vir die eerste keer in 1997 sy alambiese brandewyn gemaak – dus beslis ‘n geskiedkundige landgoed om te besoek. Besoek www.kwv.com

Louisenhof
‘n Potketel afkomstig van Stuttgart in Duitsland word gebruik om die sestien jaar oue potketelbrandewyn op hierdie wynplaas in die Stellenboschdistrik te maak. Die Louisenhof Marbone versnitbrandewyn word reeds sedert 1930 hier gemaak en in Limousin-vaatjies verouder. www.louisenhof.co.za

Nederburg
Hierdie wêreldbekende wynlandgoed produseer ook brandewyn van gehalte. Die Nederburg-potketel solera-brandewyn is ‘n voortsetting van die landgoed se kenmerk van gehalte en uitstekende smaak. www.nederburg.co.za

Oude Molen
Die vader van Suid-Afrikaanse brandewyne, Rene Santhagen, word deur hierdie landgoed vereer met sy Oude Molen-brandewynreeks. Brandewyn word reeds sedert die 1900’s hier gemaak.

Oude Wellington-landgoed
Franse eikehoutvate en chenin blanc- en clairette-druiwe word hier gekombineer om dubbel – en driemaal gedistilleerde koperpotketelbrandewyn te produseer. Die brandewyn is vernoem na dr. Schumacher, die brandewynmaker op die landgoed. Stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Uitkyk
Die landgoed is teen die hange van Simonsberg langs die R44 vanaf Stellenbosch geleë en  produseer ‘n tien jaar landgoedbrandewyn. Stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Tokara
Die suidelike hange van die Simonsberg aan die bopunt van die Helshoogtepas langs die R310 huisves hierdie landgoed. Tokara se vyf jaar oue potketelbrandewyn word in ‘n tradisionele Prulho-alambiese potketeldistilleerder geproduseer en in Franse eikehoutvate verouder. Besoek www.tokara.com

Upland
Organies-verboude chenin blanc- en rieslingdruiwe word gebruik om die landgoed se brandewyn te produseer. Die brandewyn is 100% potketelgedistilleer en vyf jaar lank in klein Franse eikehoutvate verouder. Besoek gerus www.oettle.com

Van Ryn’s Brandewyn
Hierdie distilleerdery was die eerste in die land wat vir die publiek oopgestel is sodat aktiewe stokery besigtig kan word. Dis net buite Stellenbosch geleë en vandag is Van Ryn’s een van die land en die wêreld se voorste brandewynprodusente met talle toppryse op internasionale brandewynskoue en –kompetisies op sy kerfstok. Besoek gerus www.vanryn.co.za

Roete 62 se brandewyne
Hierdie Brandewynroete betrek die produsente tussen Worcester en tot sover as De Rust en Oudtshoorn.

Barrydale Wyn- en brandewynkelder
Dié brandewynprodusent is veral bekend vir sy Joseph Barry Kaapse potketelversameling en is vernoem na die stigter van Barrydale. Die brandewyn word in ‘n Woudberg-koperpotketel gedistilleer en in eikehoutvate verouder. Stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Boplaas
Die bekende digtersplaas naby Calitzdorp produseer reeds sedert 1880 brandewyn wat toe al reeds na London uitgevoer is. Dit was in 1994 Suid-Afrika se eerste landgoedbrandewyn en twee eksklusiewe produkte word hier gemaak: die sewe jaar Boplaas potketelbrandewyn en die Carel Nel Brandewyn. Besoek www.boplaas.co.za

Gründheim
Die plaas is net buite Oudtshoorn op die pad na Calitzdorp geleë en ses geslagte van die Gründheim-familie produseer op Suidkoppies van die Klein Karoo se beste brandewyn. Die landgoed se potketelbrandewyn is in 2002 bekendgestel. Stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.">grüThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kango Wijnhuis
Oudtshoorn is die tuiste van hierdie koöperasie wat sedert 1975 hanepootbrandewyn produseer. Dit produseer ook Kango VO, Honeybush- en Buchu-brandewyn. Stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
 
Rietrivier-wynkelder
Die kelder is tussen Barrydale en Montagu op die R62 geleë en produseer twee brandewyne, die John Montagu drie jaar oue brandewyn en die John Montagu vyf jaar oue brandewyn.

Mons Ruber
Geleë tussen Oudtshoorn en De Rust produseer die landgoed reeds sedert 1850 brandewyn. Die landgoedbrandewyn word sedert 1936 oor ‘n oop vuur in ‘n potketel, wat langs ‘n watervoor geplaas is, gedistilleer. Stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

 

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');