Articles

Oude Meester skitter by 2012 Michelangelo

Die Oude Meester Reserve 12 Year Old was die ontvanger van die Brandewyntrofee vir 2012 by vanjaar se Michelangelo International Wine Awards nadat ’n paneel beoordelaars van Suid-Afrika, Europa en die VSA dit as die beste brandewyn in die kompetisie aangewys het.

Dié fynproewer-potketelbrandewyn is een van Suid-Afrika se spesialisbrandewyne wat die vinnigste groei. Die handelsmerk geniet tans groot aanhang in Suid-Afrikaenelders in Afrika soos in Kenia en Nigerië.

Al drie potketelbrandewyne met die Oude Meester-etiket het medaljes by Michelangelo verower en die handelsmerk is die mees bekroonde mededinger in die brandewyn-afdeling van die kompetisie. Sowel die 12 Year Old Reserve as die 18 Year Old Souverein bring Grand d’Or-medaljes – die heel grootste eerbewys – huis toe. Die Demant het ’n silwermedalje verdien.

“Dit gee potketelbrandewyne in Oude Meester se reeks elke moontlike toekenning,” het Genius Mnywabe, die handelsmerkbestuurder, gesê. “Benjamin Franklin sou op dié prestasie trots gewees het,” het hy bygevoeg met verwysing na die beroemde Amerikaanse staatsman wie se profiel ’n sterk kenmerk van die handelsmerk se verpakking uitmaak.
Franklin was ’n man van vele talente wat homself van ʼn nederige begin opgewerk het. Hy was een van die VSA se stigtersfigure, maar het ook as wetenskaplike, uitvinder en diplomaat uitgeblink. Hy het ook die eerste openbare biblioteek in Amerika geskep.

“Hy het hard gewerk om uitnemendheid in intellektuele kringe en die handel in die VSA te laat posvat. Die standaarde wat hy gestel het, het die Oude Meester-span aangespoor,”sê Mnywabe. Vroeër vanjaar het Oude Meester twee Gold Outstanding-medaljes by die International Wine & Spirit Competition in Londen verower. Dit was vir die 12- en 18-jaar-oue potketelbrandewyne. Die Demant is met ’n goue beloon.

Brink Liebenberg, die meesterdistilleerder wat oor die produksie van Oude Meester-brandewyne toesig hou, het gesê die eenparige lof van twee totaal verskillende proepanele bevestig die hoë agting wat hierdie handgemaakte potketebrandewyne afdwing. “Oude Meester wen gereeld internasionale medaljes, en sy reputasie speel ’n sleutelrol in die opwindende toename in verkope wat die potketelbrandewyne in Suid-Afrika én die res van Afrika ervaar.”

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');