Articles

Blond, sjokolade of bruin - dit pas by brandewyn

Hoe meer ’n mens brandewyn proe, natuurlik onder die wakend oog van kenners, hoe meer besef ’n mens dat Suid-Afrikaanse brandewyne nie alleen van die hoogste gehalte is nie, maar ook ongelooflik veelsydig is. “En die cliche:  ’n ware smaaksensasie” is hier beslis van toepassing! Soveel geregte pas by ons barndewyne, wat weer eens ‘n bevestiging is van die veelsydigheid van hierdie Bacchus-produk. Hierdie keer is brandewyn geproe saam met ‘n drietal bruintjies – sjokolade, heuning en een wat net as “blond” beskryf kan word.

Om hierdie smake te vergelyk het die Van Ryn’s-distilleerdery in Stellenbosch drie verskillende bruintjies en drie sjokoladegeure gepaar met die reeks brandewyne in die Van Ryn’s-reeks: die Van Ryn’s 12 year Old Distillers Reserve, die Van Ryn’s 15 Year Fine Cask Reserve en die Van Ryn’s 20 Year Collectors Reserve.Mnr. Johan Venter, brandewynmeester, beskryf Van Ryn’s Fine Cask Reserve 15 Year Old as ’n vermenging van heuning- en sitrus-aromas wat in ’n romerige palet met sjokolade- en eikehoutsmake uitloop, en dit is saam met ’n sjokolade-, wit- en heuningbruintjie op een bord bedien.Me. Nicola Meyer, ’n soettand van Somerset-Wes wat ook ’n groot liefhebber is van alles wat Frans is, het die heerlike vierkantjies, wat nét by die Van Ryn’s-distilleerdery naby Stellenbosch te kry is, vir dié vyfster-distilleerdery ontwikkel. Sy het die kuns van fyngebak in Normandië onder die knie gekry en toe in Europa bykomende kursusse in soetgebak geloop. Toe kom sy huis toe om in “teegebak en spesiale geleenthede” te spesialiseer.

Sy het gou besef dat die veelbekroonde Van Ryn’s-reeks ’n veelsydige produk is wat nie een vierkantjie vol sjokolade verdien nie, maar drie, om die kompleksiteit van geure en aromas van hierdie brandewyne na vore te bring.Dit is opvallend hoe ’n mens die geure van die verskillende lae in die brandewyn se geurspektrum kan vergelyk met die smake wat in die verskillende bruintjies na vore kom. Me. Nicolette Solomons van die Van Ryn’s-distilleerdery, wat die proe gelei het, het die geure en aromas in die bruintjies met dié in die verskillende brandewyne wat daarmee saam geproe is, uitgelig.“Elke vierkantjie is ’n weerspieël­ing van ’n faset van die Van Ryn’s-reeks se persoonlikheid. Ons het ’n onweerstaanbare sopie-en-happie-heerlikheid geskep. Enigiemand wat so ’n tikkie weelde geniet, sal beslis nie vir dié kombinasie nee kan sê nie. Die teksture en smake smelt op die suiwerste en bevredigendste wyse in jou mond.”Prominente geure wat in die bruintjies “ingebak” is, soos pekanneute, rooibosbessies en heuning kom duidelik na vore in die verskillende brandewyne.

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');