Articles

Brandewynboek kry ‘Beste in die Wêreld” Gourmand-boektoekenning

Die voorblad van die bekroonde boek oor die Suid-Afrikaanse brandewynbedryfSuid-Afrika maak reeds die beste brandewyn in die wêreld  - ‘n sege wat gestaaf word deur die feit dat dit gereeld ‘Beste Brandewyn in die Wêreld’-toekennings by internasionale wyn- en spirituskompetisies verower. Nou het ‘n Suid-Afrikaanse boek oor brandewyn hierdie segetog voortgesit deur die ‘Beste in die Wêreld’ Gourmand- boektoekenning  te ontvang.
Fire Water: South African Brandy wat deur Quivertree en die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting uitgegee word, is pas aangewys as die ‘Beste boek in die wêreld’ in die wyn- en spiritus-kategorie by die jaarlikse  toonaangewende Gourmand Wêreld Kookboek-toekenningsgeleentheid wat op 1 Julie 2009 in Parys gehou is.
Die Gourmand Wêreld Kookboek-toekenning is in 1995 begin om diegene wat ‘met woorde kook’ te beloon en om lesers te help om die beste boeke uit die menigte wat elke jaar gepubliseer word te vind, asook om kennis en respek vir die kos - en wynkultuur uit te brei.

Die Gourmand-beoordelaars het die volgende kommentaar op die boek gelewer: “Fire Water: South African Brandy is ‘n wêreldklas naslaanboek vir wêreldklas produkte met opspraakwekkende fotografie en fassinerende teks. Die deskundige Michael Fridjhon beskryf brandewyn so raak, as vurig en ontoeganklik in sy jeug, maar die beste brandewyn ontwikkel op so ‘n manier dat sy ware herkoms ontplooi word. Die skoenlapper verrys uit sy kokon van eik.” Suid Afrika het ook die derde plek vir die ‘Beste wynfotografie in die wêreld’ ontvang – die beoordelaars was dit eens dat fotografie vir hierdie tipe boeke nie maklik is nie.

Volgens dr Caroline Snyman, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting, is Suid-Afrikaanse brandewynprodukte van wêreldgehalte met unieke smake, karakter en styl. Deur hierdie word die verhaal van ‘n nasionale skat waarop elke Suid-Afrikaner trots  kan wees verder vertel. Die gehalte van Suid-Afrika se uitgewers groei ook met rasse skrede, wat bewys word deur die feit dat Suid-Afrika nog nooit voorheen soveel medaljes by die “Gourmand World Cookbook Awards” gewen het nie: ‘n beloning vir die briljante bydraes deur die Suid Afrikaans skrywers en uitgewers.

Die Stigting is veral trots op Quivertree se prestasie deur die eerste Suid-Afrikaanse uitgewer ooit te wees wat twee ‘beste in die wêreld’-toekennings wen. Tesame met die  toekenning vir Fire Water het Quivertree ook die toekenning vir die ‘beste plaaslike kookboek in die wêreld’  ontvang vir ‘Marmelade & Moerkoffie‘ – ‘n boek met tradisionele resepte uit die Karoo wat van geslag tot geslag oorgedra is.

Meer oor Fire Water: South African Brandy
Die koffietafelboek verskaf ‘n verfrissende nuwe weergawe van hoe brandewyn gemaak en geniet word in ons land. Craig Fraser se asemrowende fotos en Wendy Toerien se besondere skryfstyl vertel ‘n wonderlike verhaal oor Suid-Afrikaanse brandewyn wat verduidelik hoe hierdie gehalteproduk gemaak word en hoe dit op die beste manier geniet kan word. Fire Water verken ook Suid Afrika se brandewynkultuur deur na die verskillende streke, gebiede, kelders en die verskillende druiwesoorte wat vir die maak van brandewyn gebruik word te kyk. Die leser word op ‘n toer geneem na die verskillende produsente wat wissel van die land se grootste en belangrikste distilleerders tot die kleinste, eksklusiewe landgoed brandewynproduseerders.

Die boek verduidelik ook die ingewikkelde vaardigheid en vakmanskap wat nodig is; asook die kuns agter die maak van brandewyn. Dit beskryf ook die verskillende tipe brandewyn in die Suid-Afrikaanse industrie. ‘n Verbruikersvriendelike gids hoe om brandewyn te geniet is ook ingesluit. Vyf van Suid Afrika se top-sjefs - Margot Janse, Peter Goffe-Wood, Frank Dangereux, Reuben Riffel en Nic van Wyk – se beste brandewynresepte word verskaf. Die mengelkunstenaars Liquidchefs het klassieke brandewyn skemerkelkies vir die boek gekies en eietydse brandewyndrankies vir die boek ontwikkel.

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');