Articles

Egte Suid-Afrikaanse goud uit verskillende oorde

Duif Richter, Klipdrift se bemarkingsbestuurder, Gerry Nhlapo, Klipdrift Gold se handelsmerkontwikkelingsbestuurder en Thabo Ramashala, brandewyn-ambassadeur, by die bekendstelling van Klipdrift Gold.Goud ontmoet goud – dit is hoe Klipdrift Gold onlangs by ‘n bekendstelling plaaslik in die Goudmuseum in Kaapstad sy stem by hierdie edelmetaal gevoeg het as een van Suid-Afrika se mees gesogte produkte. Klipdrift Gold, uniek Suid-Afrikaans in sy elegante en vrugtige profiel, kombineer skaars, lang verouderde brandewyne met jonger komponente om ’n gebalanseerde geheel te skep waar die aansien van volwassenheid perfek gebalanseer word met die dinamiek van jeug. Dit is hoe Johan Venter, Distell en Klipdrift se brandewynmeeester, die produk beskryf.

Klipdrift Gold, wat reeds op die internasionale verhoog medaljes ingepalm het, het onlangs die meeste punte in sy kategorie verwerf en ’n silwer medalje ingepalm by die hoogs gerekende International Wine and Spirit Competition in London. Hierdie luukse potketelbrandewyn word by Suid-Afrika se gewilde Klipdrift-distilleerdery op Robertson gemaak en sluit ’n verskeidenheid van uitmuntende potketelbrandewyne van tot 21 jaar in. “Die Klipdrift-handelsmerk geniet wye aanvaarding en is sinoniem met Suid-Afrikaanse gasvryheid en gulhartigheid wat ’n stewige platform geskep het vir die maak van ’n spesialis-brandewyn onder die Klipdrift Gold-etiket,” sê Klipdrift Gold se bemarkingsbestuurder, Duif Richter.

Tydens die bekendstelling het Thabo Ramashala, brandewyn-ambassadeur van Klipdrft, die brandewyn, ’n duidelike gunsteling op plaaslike proegeleenthede onder brandewynentoesiaste, deeglik beskryf en die kenmerke van die brandewyn uitgelig. Dit is een van min brandewyne waarvan ‘n mnes duidelik verskillende vlakke van geure kan neus, terwyl die smaak van amandels, speserye, vrugte en sjokolade baie prominet geproe kan word. Die brandewyn het, eie aan sy naam, ’n ryk, goue kleur. Dit bied ’n aanvanklike aroma van ryp perskes, pere en sitrus wat aangevul word deur titseltjies soet speserye, sjokolade en haselneut om ’n multilaag-effek te verkry. Die komplekse boeket van Klipdrift Gold pas goed by ryk, aromatiese disse en sjokolade. Klipdrift Gold verkoop in die kleinhandel vir sowat R170 per bottel van 750 ml.

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');