Articles

Bedrywige jaar vir Brandewynstigting

“Dis nie slegs die plaaslike brandewynverbruiker wat opgewonde is oor die produk nie; buitelandse markte is ook besig om meer te wete te kom oor ons  brandewyn soos internasionale toekennings voortdurend bevestig dat Suid-Afrikaanse brandewyn as van die bestes ter wêreld gereken word,” het Caroline Snyman, voorsitter van die SA Brandewynstigting in haar onlangse voorsittersrede gesê. Snyman het gesê die plaaslike brandewynbedryf het baie om om op trots te wees.

“Suid-Afrikaanse brandewyn het die gesogte ‘Beste Brandewyn in die Wêreld’ toekenning by die International Wine and Spirit Competition (IWSC) in Londen sewe maal in die laaste tien jaar gewen, insluitend die 2007 (KWV 15 Year Old Brandy) en 2008 (Van Ryn’s Collection Reserve 20 Year Old). “Distell, die grootste rolspeler in brandewyn, is as Distilleerder van die Jaar by die IWSC in 2008 aangewys - die eerste keer dat dit aan 'n nie-Europese en nie-VSA gebaseerde maatskappy toegeken is. Goue medaljes is ook toegeken aan die Van Ryn’s 20 Year Old Collectors Reserve, Oude Molen VOV, Oude Meester Reserve 12 Year Old en Van Ryn’s 10 Year Old Vintage Brandy.

“Voorts het vier Suid-Afrikaanse brandewyne goue medaljes gewen tydens die 2008 International Spirits Challenge: Sydney Back Brandy, Van Ryn’s 10 Year Old Vintage Brandy, Van Ryn’s 12 Year Old Distillers Reserve en die Van Ryn’s Viceroy 5 Year Old Brandy,” het sy gesê. Volgens Snyman is Suid-Afrikaners deesdae meer ingelig oor hul gunsteling drankie as ooit tevore – ‘n aanduiding van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting se volgehoue vordering om deur verbruikersopvoeding voort te bou op brandewyn se  verfynde  beeld.
In haar voorsittersrede oor die Stigting se eerste volle jaar van operasionele aktiwiteite sedert sy herstrukturering, sê Snyman dat 2007/08 'n jaar was waar 'n soliede basis gelê is vir verbruikersonderrig en inligting aan die media ten opsigte van Suid Afrikaanse brandewyn. “Die feit dat inligting oor Suid-Afrikaanse brandewyn nou meer geredelik beskikbaar is en die boodskap op ‘n aspirerende wyse oorgedra word, dra by tot die publiek se groter waardering van brandewyn.”

Die verbruikersonderrig-aktiwiteite waarna verwys word in die Voorsittersrede 2007/08 sluit in:
1. Die uitreiking van ‘Fire Water: South African Brandy’ – die eerste koffietafelboek oor Suid-Afrikaanse brandewyn om in die afgelope nege jaar te verskyn. Die bedryf, media en publiek se ontvangs van hierdie boek was oorweldigend positief. Hierdie boek sal die bedryf help om die entoesiasme vir hierdie geliefkoosde Suid-Afrikaanse produk verder uit te bou terwyl dit terselfdertyd 'n opvoedkundige rol speel.
2. Die eerste GoodLife Fine Brandy Fees is gehou in Sandton aan die einde van Mei 2008. Die fees was 'n reuse sukses met uitstallers en feesgangers almal ewe beïndruk. Ruim mediadekking is geniet, veral in die Gauteng-gebied, wat 'n sleutelmark is vir brandewyn.
3. Die verspreiding van die Stigting se ‘Gereelde Vrae Oor Brandewyn’-brosjure wat nou ook in Afrikaans beskikbaar gestel is.
4. Die herontwerp van die Brandewynroete-brosjures wat beide die Wes-Kaap en R62 brandewynroetes insluit, en verspreiding by belangrike toerisme kantore in die Wes-Kaap.
5. Die terugkeer van die Bulletin/nuusbrief. Hierdie brief verskyn tweemaandeliks in elektroniese formaat en twee maal per jaar in gedrukte vorm. Hierdie nuusbrief help die Stigting om sy huidige databasis van brandewyngeesdriftiges uit te brei.
Snyman het voorts opgemerk dat die Stigting 'n belangrike rol speel om rolspelers in die brandewynbedryf by mekaar uit te bring om saam die generiese aantrekkingskrag van brandewyn as 'n kategorie vir Suid-Afrikaanse verbruikers uit te bou en om verdere groei en verskeidenheid binne die bedryf te bevorder.

Snyman het verder die volgende sleutel fokusareas vir die jaar vorentoe geïdentifiseer:
• Om die Stigting se aktiwiteite meer sigbaar binne die wyer Suid-Afrikaanse wynbedryf te maak en 'n netwerk van strategiese verhoudings met sleutelvennote in toerisme en die gasvryheidsbedryf te bou.
• Die verskeie komitees sal voortgaan om die fokus van streng standaarde in brandewynkwaliteit te verseker, die sigbaarheid van die brandwynroete te dryf en besoeker fasiliteitstandaarde op hierdie roetes in die lewe te roep.
Die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting is in 1984 in die lewe geroep met 30 lede wat meer as 98% van die land se brandewynprodusente verteenwoordig. Hierdie wissel van groot produsente soos KWV en Distell en die kleiner boetiekstyl-distilleerders soos Boplaas, Tokara en Southern Cape Vineyards. Cabrierè het onlangs as lid aangesluit. Die Stigting se bestuurskomitee staan onder die voorsitterskap van dr Caroline Snyman van Distell, met ondervoorsitter Riaan Marais van Southern Cape Vineyards en Ielanda Koen as algemene bestuurder.

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');