Articles

Alchemie van goud betower internasionale paneel

Karien van Jaarsveld, handelsmerkbesturder van die Alchemie van Goud-projekAlchemy of Gold het nog ’n paneel internasionale beoordelaars wat Suid-Afrikaanse brandewyne naas die beste spesialisbrandewyne uit Frankryk, Spanje, Italië, Kalifornië en elders geproe het, betower. Die jongste medalje-oes, twee goues en vier silwer, by die 2008 International Spirits Challenge in Londen, volg op die hakke van die portefeulje se veelvuldige medaljesukses by vanjaar se International Spirit Competition. Die goue medaljes is toegeken aan ’n oesjaarbrandewyn, die Van Ryn’s 10 Year Old, en ’n potketelbrandewyn, Van Ryn’s 12 Year Old Distiller’s Reserve. Die silwermedaljes is deur Van Ryn’s 15 Year Old Fine Cask Reserve, Klipdrift Gold, Oude Meester 12 Year Old Reserve en die onlangs bekend gestelde Oude Meester Demant, wat almal potketelbrandewyne is, verwerf.

Karien van Jaarsveld, Alchemy of Gold se bemarkingsbestuurder, sê: “Dit is wonderlike nuus vir plaaslike kenners en liefhebbers. Dit bevestig die uitstekende naam van ons brandewyn onder vooraanstaande kenners wat baie blootstelling aan die beste van oral ter wêreld kry. Dit is inderdaad hoë lof om saam met lank gevestigde en wêreldbekende handelsmerke gereken te word. Dit is ook baie bemoedigend dat die medaljes oor ’n breë reeks style toegeken is, van die komplekse en lank verouderde tot die jonger en meer toeganklike brandewyne.” Sy voeg by dat die jongste prestasies Suid-Afrikaners waarskynlik selfs sterker sal motiveer om eksklusiewe brandewyne deel van hul drankkeuse te maak.
“Die bopunt van die brandewynmark gedy steeds, deels danksy internasionale erkenning aan ons wêreldklasgehalte brandewyne. ’n Baie aantreklike kenmerk is egter fynproewerbrandewyn wat plaaslik gemaak word en Suid-Afrikaners wat ’n wisselvallige geldeenheid en stygende pryse in die gesig staar, ’n bekostigbare luukse bied,” het sy gesê
Alle brandewyne in die Alchemy of Gold-portefeulje is in spesialis-afsetpunte, stylkroeë en fynproewersrestaurante beskikbaar.

Meer oor Alchemy of Gold
Alchemy of Gold is ’n portefeulje van internasionaal bekroonde Suid-Afrikaanse fynproewerbrandewyne wat meestal in spesialis-afsetpunte, stylkroeë en fynproewersrestaurante verkoop word. Dié brandewyne word gemaak op die tradisionele manier wat in Cognac vervolmaak is - in koperpotketels en verouder in Franse eikehout.
Die versameling se naam kom van die alchemiste van die Middeleeue. Hoewel hulle grootliks onthou word vir hul pogings om onedele metale in goud te verander, het hulle ook die distilleerkuns van die Midde-Ooste na Europa gebring. Dit het die grondslag vir ’n tradisie van uitnemende brandewynproduksie gelê. ’n Deel van die brandewynproses herinner ook aan alchemie omdat goud gemaak word. Druiwe wat deur die elemente gekoester is, word tot wyn gemaak, gedistilleer, stadig in hout verouder en dan deur meesterdistilleerders versny om goud in ’n glas te skep.

Die Alchemy of Gold-portefeulje sluit in:
Van Ryn’s Collection Reserve – 10, 12, 15 en 20 Year Old
Oude Meester – 12 Year Old Reserve, Demant
Kipdrift – Klipdrift Gold en Klipdrift Premium
Nederburg Solera Potstill
Flight of the Fish Eagle

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');