Articles

SA brandewyne behaal driekuns by voorste wêreldwye kompetisie

Suid-Afrika se brandewynprodusente het die byna ongekende prestasie behaal deur ‘n driekuns aan medaljes by die hoogaangeskrewe Concours Mondial de Bruxelles wyn- en spiritualieë-kompetisie te verower. Vir die derde jaar agtereenvolgens het plaaslike branbdewyne agt medaljes verower, insluitend een Grand Médaille d’Or. Hierdie vertoning beklemtoon weer eens die konsekwente gehalte van Suid-Afrikaans vervaardigde brandewyne wat di ebedryf tot trots kan stem. Vanjaar se opmars na die wennerspodium is deur Klipdrift Gold gelei wat die Grand Médaille d’Or – die hoogste toekenning in die kompetisie, verower het. Wat die handelsmerk se prestasie nog meer merkwaardig maak, is die feit dat dit een van slegs vyf van die 129 inskrywings was wat ‘n Grand Medaille d’Or kon wen. Dit is minder as 1 persent uit die totaal van 8 397 wyn- en spiritualieë-inskrywings. Altesaam 52 lande het wyn en spiritualieë vir die kompetisie ingeskryf.

Nog ‘n brandewyn uit die Distell-stal wat presteer het, is die Van Ryn’s 10 Year Old Vintage wat met ‘n goue medalje beloon is. Silwer medaljes is aan die KWV se 15 en 20 jaar potketelbrandewyne, Distell se Oude Meester 18 Souverein en Demant, en Van Ryn se 12 Year Old Distillers Reserve en 15 Year Old Fine Cask Reserve toegeken. Christelle Reade-Jahn, direkteur van die Suid-Afrikaanse brandewynstigting wat die gehalte van die edelvog in Suid-Afrika oorhoofs bestuur, meen die toekennings herbevestig die aansien van Suid-Afrikaanse brandewyne.

“Ons brandewyne het die wêreld weer gewys dat hulle onder die bestes tel, en met die bestes kan kompeteer.  Sedert brandewyn vir die eerste keer in 1672 duer die assistant van ‘n kok aanboord van ‘n skipin Tafelbaai gedistilleer is, het ons brandewyne tot die beste in die wêreld ontwikkel. Die Concours Mondial de Bruxelles word as een van die wêreld se gesaghebbendste wynkompetisies beskou en is in 1994 vir die eerste keer in Brussels gehou. Sedertdien word dit jaarliks in ‘n ander Europese wynproduserende land aangebied. Vanjaar se kompetisie is in Madrid aangebied. Alle inskrywimngs word blind geproe volgens  ‘n vasgestelde stel standaarde in ooreenstemming met die streng styl- en gehalteriglyne wat deur die Paryse kantoor van die Office International de la Vigne et du Vin (OIV) onderskryf word.

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');