Articles

Van Ryn’s weer bo-aan lys van beste brandewyne

Van Ryn’s brandewyn het weer op sy reeds indrukwekkende bekroningsrekord verbeter toe hy in een jaar twee van die wêreld se belangrikste internasionale trofeë vir dieselfde brandewyn verower het. Die Van Ryn’s 12 Year Old-potketelbrandewyn, wat deel is van die  die toonaangewende Van Ryn’s Collection Reserve-reeks,  is pas tydens ’n glansdinee in Grosvenor Square in Londen as wenner van die International Spirits Challenge (ISC) se beste brandewyn-trofee aangewys.

’n Paar weke tevore is dieselfde brandewyn tydens die International Wine & Spirit Competition (IWSC) – ook in Londen – as die beste brandewyn ter wêreld bekroon.
Dit is die eerste keer dat dieselfde brandewyn in die Van Ryn’s-reeks dié dubbele lof verdien. Dit is egter nie die eerste keer dat die Van Ryn’s-reeks twee maal in dieselfde jaar bekroon word nie. Die Van Ryn’s-distilleerdery het vanjaar die vyfde keer die hoogste eer by die IWSC ingepalm, en dié van die ISC die vierde keer.

Maija Hamen, die handelsmerk se globale woordvoerder, sê: “Van Ryn’s se kenmerkende styl, naamlik puik gebalanseerde vrugtesmake, sagte tekstuur en weelderigheid, het die kernstandaard vir uitnemende brandewyn geword. Leiers in die bedryf van orals ter wêreld erken Van Ryn’s as die norm wat verouderde brandewyn van gehalte buite Frankryk se AOC-streke betref,” sê sy.

Proe dié brandewyn, saam met sy sibbe in die Van Ryn’s Collection Reserve-reeks by die Van Ryn’s-distilleerdery naby Stellenbosch. Dit is ook by gekeurde kleinhandelaars en stylkroeë orals in die land te kry.

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');