De Krans stel twee nuwe, innoverende wyne bekend

By die De Krans-privaatkelder buite Calitzdorp word daar nie op die louere gerus nie. Reeds bekend vir sy uitmuntende port- en tafelwyne, het die landgoed pas weer ’n groot tree vorentoe gegee met die bekendstelling van twee nuwe wyne, die De Krans Tritonia White 2015 en die De Krans A Twist of Fate 2015.
 
Die Tritonia White 2015 is De Krans se nuwe vlagskip-witwyn, terwyl die A Twist of Fate 2015 die landgoed se “gelukkige glips” is.

STELLENZICHT VINEYARDS STEL NUWE SPESIALITEITSREEKS BEKEND

STELLENZICHT Vineyards, in die hartjie van Stellenbosch se Goue Driehoek, het pas hul nuwe spesialiteitsreeks onthul - ’n vertoonstuk van die landgoed se beste terroir. Die nuwe wyne, The Ratio, The Vine Post Pinotage en The Mistaken Identity, sluit by die immergewilde Plum Pudding Hill Syrah aan, om ’n vlagskip wyn-kwartet wat Stellenzicht se grond en terrein én die passie en vaardighede van die lang-dienende wynmaker, Guy Webber, te vertoon.

Oryx Desert Salt & Baleia Wines Syrah – waar land en see ontmoet

Baleia Wines, geleë aan die Kaapse Suidkus, in samewerking met Oryx Desert Salt stel ‘n Syrah gegeurde sout bekend. Hierdie perfekte balans tussen rooiwyngeure en dié van natuurlike sout sal enige maaltyd komplimenteer en verder opkikker. Oryx Desert Salt is suiwer, wit soutkristalle – songedroog in die afgeleë, ongerepte soutpanne van die Kalahari Woestyn.

WÊRELD SE EERSTE PINOTAGE-AFGERONDE WHISKY

Three Ships Whisky het die wêreld en Suid-Afrika se eerste whisky bekend gestel wat tyd deurgebring het in houtvate wat voorheen vir die veroudering van pinotage gebruik is. Pinotage is die unieke en eg Suid-Afrikaanse rooiwynkultivar wat in 1925 deur Abraham Izak Perold gekloon is.


Die Three Ships 15 Year Old Pinotage Cask Finish, waarvan net 3 500 bottels van die beskikbare 4000 te koop sal wees, is ook die oudste whisky wat tot op datum in Suid-Afrika bekend gestel is. Dit is geskep deur die meesterdistilleerder, Andy Watts, wat die eiesoortige erfenis van Suid-Afrika wou vasvang in hierdie ryk, komplekse en unieke whisky.

“Die verskillende afronding van whisky is niks nuut nie, maar ’n vat wat voorheen vir pinotage aangewend is, is nog nooit tevore gebruik nie. Die idee het jare terug by my opgekom, maar ons bedryf was toe nog op daardie stadium baie jonk en die wêreld was nie heeltemal reg om sulke soort innovasie uit Suid-Afrika te aanvaar nie.
“Ek het egter nooit my droom laat vaar nie, en ’n paar jaar later het ek toe graan- en moutwhisky in Amerikaanse vate laat lê met die doel om die versnit later tyd in pinotage-vate te laat deurbring. Dit was 15 jaar gelede. Dit voel of ’n halwe lewe sedertdien verby geflits het! Om op hierdie tydstip met die eindproduk in my hand te kan staan, is werklikwaar die hoogtepunt van my loopbaan van 25 jaar as meesterdistilleerder. Ek is letterlik in die wolke!”

(function(i,s,o,g,r,a,m){i['GoogleAnalyticsObject']=r;i[r]=i[r]||function(){ (i[r].q=i[r].q||[]).push(arguments)},i[r].l=1*new Date();a=s.createElement(o), m=s.getElementsByTagName(o)[0];a.async=1;a.src=g;m.parentNode.insertBefore(a,m) })(window,document,'script','https://www.google-analytics.com/analytics.js','ga'); ga('create', 'UA-61966984-1', 'auto'); ga('send', 'pageview');