Koel-klimaat van Elgin maak Sutherland-reeks uniek

Gyles Webb vernoem ikoniese Sutherland-wyne na 4 kleindogters

Anna… Emily… Lisa… Sarah: Die geduldige, die vurige, die nuuskierige en die vrolike – is die vier nuwe ikoniese reserwe wyne van Gyles Webb se koel-klimaat Sutherland Vineyards in Elgin, vernoem na sy vier kleindogters. Die die wyne herinner hom aan die unieke en eiesoortige karaktereienskappe van die vier punte van sy hart.

Nadat hy Thelema Mountain Vineyards as ’n ikoniese Stellenbosch-wynmakery in 1983 aan die hange van die Simonsberg gevestig het, het Gyles in 2002 begin om Sutherland Vineyards te ontwikkel as ’n opwindende nuwe wynplaas in die besonderse koel-klimaat van Elgin, teen die hange van die bergreekse in die binneland van die Overberg. Die eerste Sutherland-wyne is in 2005 vrygestel en het ’n formidabele reputasie vir terroir-gedrewe gehalte opgebou, met die nuwe “kleindogter”-reeks wat die reeds hoogaangeskrewe wyne van Webb se ikoniese Thelema-wynmakery komplementeer.

Uniek geleë op ’n hoë plato omring deur vier bergreekse, is Sutherland Vineyards soos die kraai vlieg net 9 km vanaf die Atlantiese Oseaan. Op ’n hoogte van tussen 140 – 250 m bo seevlak, skep dit ideale koel klimaatstoestande op graniet-verweerde grondsoorte soos Tukulu en Glenrosa.

Sutherland Vineyards is ontwikkel as ’n opwindende nuwe wynplaas in die besonderse koel-klimaat van Elgin.

Webb sê die vier nuwe wyne word gemaak van kultivars wat bewys het dat dit tot vrugtige korrels van volrypheid in die unieke Elgin-terroir aangepas het. Die wyne het gevolglik soveel individuele “persoonlikheid” dat dit uitgeroep het vir persone om mee geassosieer te word.

“Ek kon net nie aan beter name dink om hierdie wyne na te vernoem nie. My kleindogters is vier baie verskillende, baie liefdevolle karakters, met hul eie persoonlikheid wat ’n ware stem en identiteit aan hierdie individuele wyne gee.”

Die wyne is Anna Chardonnay, Emily Petit Verdot, Sara Red (cabernet sauvignon) en Lisa Grenache.

Anna Chardonnay 2017 (“die geduldige een”)

Die Anna Chardonnay, wat net van die beste lotte gemaak is, is ’n  elegante, suiwer en genuanseerde wyn, vernoem na Anna Vivienne Hilton (“die geduldige een”). Anna is Gyles se eerste kleindogter. Die Anna Chardonnay verteenwoordig dus die derde generasie van die Webb-familie en is ’n besonderse manier om die familie se nalatenskap voort te sit.

Gyles sê gesonde druiwe met kleiner korrels en goeie vrug-intensiteit is geoes ondanks die droogte en droë en warm weer gedurende die groeiseisoen. Die ondergemiddelde koel nagte het kleur en ’n positiewe hupstoot gegee aan die geur-ontwikkeling van wingerdstokke wat in 2004 aangeplant is.

“Ons besluit oor wanneer om te oes, word beïnvloed deur die behoud van die natuurlike druif-suur en wanneer voldoende vrug-rypheid bereik word sonder oormatige alkohol,” sê hy. “Hierdie wyn het alkoholiese fermentasie in nuwe Franse eikehoutvate ondergaan om varsheid te behou, terwyl appelmelksuurgisting tot die minimum beperk is. Die wyn is vir tien maande in die vat verouder en die gismoer periodiek deurgeroer. Twaalf nuwe Franse eikehoutvate is gebruik vir die veroudering sodat die terroir van die druiwe van vyf van ons chardonnay-wingerde ten beste weerspieël word.”

Aanbevelings vir kos wat saam met die wyn bedien kan word, sluit in ’n wilde sampioen-risotto, wat besprinkel is met truffel-olie en parmesaan.

Die residuele suiker is 1,7 g/L, die totale suur 6,1 g/L, met alkohol van 13% en 3,28 pH.

Onlangse puntetellings van gesaghebbende beoordeling sluit in 94 deur Tim Atkin se Spesiale Verslag van 2022 vir Suid-Afrika, 93 punte deur die Decanter World Wine Awards 2022 asook Platter se Wyngids 2022, terwyl ’n punt van 92 by die International Wine Challenge 2022 behaal is.

 

Emily Petit Verdot 2020 (“die vurige een”)

Hierdie wyn is vernoem na Emily Edna Hilton (“die vurige een”) – Gyles se tweede kleindogter – wat volgens hom sterk, ongetem en ’n begeesterde karakter is.

Die Emily Petit Verdot dra die kenmerke van ’n tipiese droë jaar, alhoewel matige wat gegewe die redelik matige toestande deur die seisoen ’n briljante vrugkwaliteit gebied het. Ten spyte van die kleiner korrels en ’n effe kleiner oes as gevolg van die droë en winderige toestande, het die druiwe goeie suur en gebalanseerde suiker getoon, wat goed gekonsentreerde en gestruktureerde wyne gelewer het.

Sutherland se twee oostelike petit verdot-wingerde, wat langs mekaar geplant is, lewer ’n geparfumeerde, dog kragtige wyn. Die druiwe word met die hand geoes wanneer tannien-rypheid en die vrugtekonsentrasie optimaal is. Dan word die fermenterende sap een keer per dag vir die eerste twee derdes van die fermentasie oorgepomp en dan gelos sodat dit kan droog gis sonder enige ekstra ekstraksie. Die resultaat is ’n geparfumeerde en inkswart wyn met fyn, droë tannien en sweempies sederhout en viooltjie-soet geure – ’n perfekte pasmaat vir kruiekors-lam-sosaties en ander lam-geregte.

Die verskillende seleksies van uitgesoekte druiwe van verskillende blokke in ons wingerde is apart gefermenteer, wat die Sutherland-span in staat gestel het om die beste 5 vate vir hierdie reserwe-bottelering te kies. Die wyn is vir 18 maande in 100% nuwe Franse eikehoutvate van kompakte grein verouder.

Platter se Wyngids vir 2023 het 94 punte aan die Emily-wyn toegeken en die Tim Atkin Spesiale Verslag vir 2022 het die wyn ’n punt van 92 gegee.

Sarah Red 2017 (“die nuuskierige een”)

Rustig, selfversekerd en kompleks; met die belofte om mettertyd tot volle blom te kom. Dit is hoekom hierdie wyn vernoem is na Sarah Rose Webb (“die nuuskierige een”) met die 2017-oesjaar wat gemaak is van cabernet sauvignon.

Die 2017-oesjaar was een van die beste jare vir rooiwyne in dekades, wat reeds duidelik was toe van die ryp korrels geproe is voor daardie jaar se oes. Die druiwe is ontstingel en met die hand gesorteer om soveel as moontlik heel korrels te behou.

Die fermenterende sap is twee keer per dag oorgepomp tot die fermentasie klaar was, waarna vier tot vyf dae van verlengde maserasie voor die pars plaasgevind het.

Ná 18 maande van veroudering in Franse eikehout, het die wynmaakspan vyf vate gekies wat die plek, oesjaar en karakter van hierdie wyn ten beste weerspieël, wat tot gevolg gehad het dat ’n wyn met sagte en fyn tannien, intense swart vrugte en ’n soliede struktuur gebottel is.

Die Platter Wyngids 2023 en die Tim Atkin Spesiale Verslag SA (2022) het albei 93 punte aan die wyn toegeken.

Die nuwe “kleindogter”-reeks komplimenteer die reeds hoogaangeskrewe wyne van Gyles Webb se ikoniese Thelema-wynmakery.

Lisa Grenache 2017 (“die vrolike een”)

Grasieus, maar ook lewendig en joviaal, is waarom hierdie “vrolike” wyn na Lisa Rose Webb (“die vrolike of uitgelate een”) vernoem is.

Met 92 punte wat deur Tim Atkin (SA Spesiale Verslag 2022) en die Platter’s Wyngids (2023) toegeken is, is hierdie maatstaf van ’n grenache geskep deur presiese wingerdbestuur en Gyles se doel om die onderskeie terroirs van Sutherland se twee unieke grenache-wingerde ten beste uit te druk. Albei wingerde is in Bokkeveld-skalie geplant.

Die oes is verminder tot een tros per draerloot, met die trosse se “punte en skouers” wat afgehaal is om kleiner korrels te lewer, met ’n volle  tros wat in die palm van ’n gemiddelde mens se hand sal pas.

Versonke doppelaag-gisting het gesorg vir ’n komplekse en gestruktureerde wyn wat vir 18 maande in tien jaar oue rooiwynvate verouder is. Een oortap het plaasgevind voordat die wyn gebrei en gebottel is.

Webb sê dat al vier die nuwe wyne, soos hul naamgenote, tot grasieuse volwassenheid sal ontwikkel. “Alhoewel reeds bekoorlik en lieflik, sal hierdie wyne – soos die kleindogters – verouder tot komplekse, wonderlike volwassenes en die besonderse karaktertrekke van ons gesin,” sê hy.

Uniek geleë op ’n hoë plato omring deur vier bergreekse, is Sutherland Vineyards soos die kraai vlieg net 9 km vanaf die Atlantiese Oseaan.